Akkommodasie & Fasiliteite

 

Akkomodasie:

 

Die kamp bestaan uit twee hutte, vier permanente tenthuisies en drie tente, wat ideaal 35 mense in totaal kan akkommodeer. Die twee gemeubuleerde hutte  kan elk vier mense akkommodeer. (Een dubbelbed en twee enkelbeddens per hut) . Elke hut het sy eie badkamer. Die permanente tentkamp bestaan uit vier tente, waarvan twee tente elk vier mense kan akkommodeer en die ander twee tente elk ses mense. Daar is ook drie koepeltente wat op versoek opgeslaan kan word.  In een van die tente kan drie mense slaap terwyl die ander twee tente elk twee mense kan akkommodeer. Beddens en matrasse word voorsien vir alle eenhede. Linne en komberse is beskikbaar teen R20 per persoon of jy kan jou eie saambring. Voorsiening is ook gemaak vir die bring van eie tente en/of woonwaens.

Die kamp het ‘n sentrale badkamer, ten volle toegeruste kombuis (yskas, vrieskas, twee plaat stoof, mikrogolf, broodrooster en ketel) en lapa met 'n ingeboude braai / vuurherd knus by een van die groot natuurlike klipkoppies. Vir die meer avontuurlustiges is daar ‘n bostoilet en opelugstort met warm water!

 

Tuisblad
Ons kan jou behoeftes akkommodeer
Besienswaardighede
Tariewe
Inventaris
Pad aanwysings
Kontak ons

Die kamp het 'n spa swembad vir afkoel tydens daardie warm dae. Jy kan die boskar vir wildbesigtiging gebruik teen R150 vir die hele naweek of een van die bergfietse huur teen R20 per dag. Bord speletjies en 'n biljard tafel  is by die sentrale lapa. Vra net Simba vir hulp. Daar is twee braai bomas, een naby die kombuis en die ander langs die swembad.

Wild:

Bikibos huisves nyalas, blesbokke, duikers, steenbokke, rooiribbokke, dassies, verskeie voelspesies asook ander kleinwild.

Vinkel & Koljander, ons mak ganse, saam met ons tarentale en bloukop eende is in ons voelhok.

U veiligheid is vir ons belangrik:

Bikibos word beveilig deur 'n elektriese heining, gekoppel aan 'n alarm sirene en reaksiemag wat binne 4km vanaf Bikibos gelee is. Elke eenheid het 'n paniek knoppie. Ons behoort ook aan die Bosveld Polisierings Forum.